Samesmeltings en verkrygings
OAK Law is trots daarop om 'n toonaangewende diensverskaffer op die gebied van samesmeltings en verkrygings (M&A's) te wees. Deur ons professionele span, spog ons met groot ondervinding in alle aspekte van onderhandeling, strukturering en sluiting van beide plaaslike en internasionale fusies en oornames.
Om die mededingende voordeel te verkry, streef ons professionele span voortdurend daarna om gedetailleerde kennis, en 'n ingewikkelde begrip, te bekom van die markte waarin ons kliënte bedrywig is, en sodoende ons in staat stel om 'n kommersiële benadering wat doeltreffendheid optimaliseer, koste verminder en effektiewe transaksieuitvoering verbeter.
Met verloop van tyd het ons span beide plaaslike en internasionale kliënte bygestaan in die onderhandeling, strukturering, dokumentasie en sluiting van M&A's regoor Afrika, insluitend in Suid-Afrika, Angola, Botswana, Kenia, Ghana, Gambië, Senegal, Zimbabwe en Namibië.
Ons is in staat om advies en dienste oor die hele M&A-proses te verskaf, insluitend:
- transaksie onderhandeling en strukturering
- ooreenkoms opstel (insluitend verkoop van aandele ooreenkomste, verkoop van ledebelang ooreenkomste, verkoop van besigheid ooreenkomste en verkoop van bates ooreenkomste)
- samesmeltingsbeheer (insluitend mededingingskommissie-aansoeke en goedkeurings)
- omsigtigheidsondersoeke
- onderhandeling, strukturering en dokumentasie van belangegroepverhoudings (via aandeelhouersooreenkomste, Akte van Oprigting (MOI), assosiasieooreenkomste, vennootskapsooreenkomste, gesamentlike ondernemingsooreenkomste of ander grondwetlike dokumente)